Ek het ‘n lieflike wegkruipplek.  Hoewel ek hiervandaan al my werk doen en my passie vir nuwe en interessante geselskap uitleef, geniet ek dit skroomloos om die hek te sluit en op my voorstoep te sit met ‘n glas wyn teen laastelig.  Die uitnodiging is egter oop – per afspraak – dat ek ook vir jóú ‘n kurk trek.  Hier’s altyd geure van komyn, koljander, neutmuskaat en kaneel om wat in jou glas is te komplimenteer.  Ek het altyd voorraad van handgemaakte en eksperimentele wyn beskikbaar, as jy gelukkig is, van verskillende oesjare.  Klik gerus hier om na nog foto’s van my Blou Huis te kyk.

Die maklikste manier om my te bereik is deur Facebook.

Jy kan my ook skakel op 083 400 2999 of ‘n e-pos stuur aan bertus@osbloed.com.

Jy kan die Blou Stoep in Eagle Crescent 33, Somerset-Wes kry. Klik hier vir ‘n Google Maps-roetekaart.