Search
  • agnesinafrica

Lieflike Lente

Bentoniet

Ek het vaniaar vir die eerste keer natriumbentoniet in my witwyn en rosé gegooi voordat ek gefiltreer en gebottel het. Bentoniet is 'n klei wat gevorm is uit verweerde vulkaniese as en is hiperabsorberend.

Jy meng die stowwerige poeier met warm water wat jy koop want munisipale water het te veel swaar metale en chloor in en dis nie goed vir jou wyn nie.


Dan laat staan jy dit oornag om 'n pappery te word voordat jy dit in die wyn in meng.

Bentoniet bind met enige partikels of wolkerigheid in wyn en sak dan uit tot op die bodem van die vat.

Daarna kan die skoon wyn versigtig afgesuig word en in 'n tenk gepomp word, waaruit dit met

swaartekrag vry vloei tot in die botteleringsmasjientjie. Die proses in die tenk word anaèrobies gehou deur droë ys by te voeg. Dit verseker dat die wyn lang varser in die bottel sal bly. My 2022's is almal blinker en helderder as ooit. Wat my by die laaste foto in hierdie nuusbrief bring, maar later meer daaroor.


 

Bottels

Ek herwin soveel glas as wat ek kan. Gereelde kliènte en vriende weet al om nie my bottels weg te gooi nie en dit vir my te bewaar totdat ek hulle weer sien. Daar is 'n baie goeie rede om self glas te was, een daarvan is dat herwinde bottels al byna R20 kos, afgelewer. Nuwe glas is natuurlik dubbel so duur. 'n Ander, baie goeie motief, is dat elke bottel wat nie gebreek op 'n

stortingsterrein beland nie, bydra tot 'n skoner omgewing. En dan, my sagte hart, dit verskaf gereeld werk op my perseel.


Ek gebruik verkieslik twee bottelvorms, 147 (2) en 438.(1)

438 is 'n Bordeaux of Claretbottel en word gebruik vir alle Cabernet/Merlotversnitte en 147 eintlik vir alles anders: Cinsaut, Shiraz, Chardonnay, Sauvignon,

Chenin en someer. Osbloed gebruik ook slegs die beste natuurlike kurk.






 

Boudjies

Ek kon vandat ek onthou, nie my oë van mooi mense afhou nie.

Films, plakkate, restaurante, strande, winkelsentrums - Psalm 8 stel dit dat die mens "net 'n

bietjie minder as 'n hemelse wese" is. G'n wonder dat Botticelli en Rubens en Michelangelo en Modigliani en Albasini so graag (veral) vroue geskilder het nie.

Selma het baie graag modelle genooi en geinspireerde kuns gemaak. Van haar oorspronklike werk is spesifiek vir my etikette ontwerp. En ek is gelukkig dat ek op 'n gereeld basis die pragtigste bewonderaars ontmoet wat graag afgeneem word met my wyn! Kyk na die nuwe oortjie op my webblad 'Brushes with Beauty' om nog foto's van pragtige Osbloeddrinkers te sien.


Spesiale Aanbod

Hieronder my 2022 Rosé, Sauvignon en Rooi teen 'n

spesiale aanbieding: ek het 10 gemengde kissies

teen 33% af! Slegs vir lesers van my nuusbrief.


Toe,toe! Gaan trek 'n kurk. Jy wéét jy wil!



 

223 views0 comments

Recent Posts

See All

Subscribe to get exclusive updates

Thanks for subscribing!